Net Mooi Enigiets

November 24, 2010

Selfpersepsie…

Filed under: Suid Afrika — by nadinesmit @ 6:01 nm
Tags: ,

Hierdie is die tweede post in ‘n reeks oor “Whiteness”

Ek leer dikwels die meeste van myself wanneer ek in situasies moet reageer, in gesprekke my opinie moet lig of in redenasies my standpunt moet verdedig.

Ons weet almal seker min of meer hoe ons voel oor sekere sake, maar ons ware gevoel kom uit sodra ons dit teenoor iemand anders moet verduidelik. So ook was my gevoel of persepsie rondom Apartheid.

Iewers op hoërskool het gesprekke begin opduik tussen my en my vriende aangaande dinge wat in die land aangaan. Baie van ons se opinies was dié van ons ouers, wat natuurlik hul opinie in die huis lewer. Dinge soos kwota stelsels in rugby spanne, stories van mense wat hul werk verloor het a.g.v. regstellende aksie ens.

Al kon ek toegee dat wat in die Apartheidsera gebeur het, verkeerd is, het ek tog gevoel dat die metodes wat gebruik word om dit reg te stel, nie effektief is nie. Drie jaar gelede het ek ‘n blogpost geskryf op my Engelse blog oor “Our Future in South Africa“. Dit het my ‘n goeie idee gegee van hoe ek gevoel het op ‘n 17-jarige ouderdom.

Vir ‘n baie lang tyd het ek gevoel dis onregverdig dat daar nog so ‘n groot ophef van Apartheid gemaak word. My generasie was nie daar nie en ons het nie noodwendig dieselfde haat teenoor mekaar nie, so hoekom moet al hierdie rasse kwessies in ons kele afgedruk word. Ek het gevoel dat ons almal moet werk vir dit wat ons wil bereik en dat almal ‘n gelyke kans moet kry en ook wel het. 

Dit het vir my sin gemaak om net intieme verhoudings met ander witmense te hê want daar is nogtans die kwessie van kultuur en tradisies en voorkeure. Ek het sinvolle verhoudings met mense van ander rasse gehad en dikwels baie interessante gesprekke wat juis handel oor rasse verskille. Later kon ek die rasse ding oorkom om meer intieme verhoudings ook te hê maar my vriendekring het maar bestaan (en bestaan vandag nog) uit ander witmense.

‘n Jonger generasie is gebore wat teoreties vry is van al die dinge van die Apartheidsera, ‘n generasie waarin alle rasse saam kan bou aan die toekoms van Suid Afrika.

Ek sou nie sê dat ek vandag ‘n totale ander opinie het nie, ek bly steeds ‘n trotse Suid Afrikaner met baie optimistiese idees, al verskil is, ek het ‘n bietjie meer van die realiteit begin raak sien en baie meer daarvan begin verstaan.

My persepsie het dieselfde gebly in die sin dat ek verandering aanvaar en wel wil poog om te help bou aan ‘n nuwe Suid Afrika. Ek wil steeds my eie Witheid-identiteit hê, maar met ‘n begrip van wat dit werklik vir my beteken en ook ‘n begrip van ander identiteite.

Ek ontken nie meer die voordele wat ek uit Apartheid getrek het nie, maar sien dit raak al weet ek steeds nie heeltemal hoe om daarop te reageer nie, hoe om dit ‘reg’ te maak nie. Ek voel nie skuldig oor my Witheid nie, maar wil dit ook nie langer as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ek wil graag my plek as ‘n Wit Afrikaanse Meisie vind in die nuwe Suid Afrika, sonder dat dié plek a.g.v. my identiteit aan my behoort.

🙂

2 Kommentaar »

  1. Nadine. Thanx! Jy’t ‘n manier met woorde, en om hierdie bitter moeilike goed vir ons te verwoord. Ek kan identifiseer met wat jy skryf!

    Kommentaar deur cobus — November 25, 2010 @ 12:40 vm |Reply

  2. Nadine, ja ek dink jy skryf ‘n klomp mense raak. Ek sukkel maar ook met my whiteness, maar op ‘n ander vlak. Ek probeer regmaak en gelykheid bring maar tog werk alles nie altyd so eenvoudig uit nie. En dan kan ek skuldig voel, kwaad raak en soms terugkeer na ‘n meerderwaardige posisie. Dalk sal ek daaroor blog, binnekort? Thanks, anyway.

    Kommentaar deur Renier Lourens — November 25, 2010 @ 12:12 nm |Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: