Net Mooi Enigiets

November 15, 2010

‘n Deur oopgemaak…

Filed under: Suid Afrika — by nadinesmit @ 9:34 vm
Tags: ,

Die laaste paar weke is ek en ‘n groep van my vriende besig met die baie ingewikkelde gesprek rondom “wit wees” of “witheid” (whiteness) en al die dinge wat moontlik daarmee gepaard gaan. Ons lees en kyk media en deel idees en opinies op ‘n weeklikse basis en leer op die ou einde baie by mekaar, veral in my geval.

Agtergrond:

Ek het grootgeword soos meeste ander wit, afrikaanse jongmense. Gebore in ‘n wit ouerhuis, in ‘n wit gemeenskap, tussen wit vriende met wit idees en ‘n wit perspektief oor die lewe en oor Suid-Afrika. Klink vreemd om dit so te stel, né?

My daaglikse lewe was in my wit wêreld en die swartmense wat ek gesien het, het gelewe in hul wêreld, en die twee het bitter min, indien ooit bymekaar gekom. Op skool is die twee na aan mekaar geplaas, teen mekaar, maar nie langs mekaar nie – dit impliseer tog gelykheid.

Ek het dikwels gehoor hoe goed Apartheid gewerk het en hoe daardie tyd gemis word, hoe Suid-Afrika ‘n beter plek was onder ‘n wit regering. Goed, in my tiener jare het ek begin dink dat ek nie met Apartheid saam stem nie en dat swart mense ook mense is wat deur die Here geskape is. Ek het nie noodwendig my opinie oral gelig nie, maar ek het gekies om nie deel te neem aan iets wat ek gesien het as direkte rassisme nie, maar dit was tog “ons” en “hulle”.

Nou, op universiteit bly ek in ‘n koshuis wat nagenoeg 60% wit en 40% swart is en is al op die punt waar ek gemaklik voel om die verskille tussen ons aan te spreek in gewone gesprekke waar almal gemaklik voel daarmee. Ek voel dat verskille iets is om te waardeur en te verstaan, eerder as om geïgnoreer te word (sogenaamde kleurblindheid).

So bietjie meer as twee maande gelede is ‘n gesprek oopgemaak wat eers begin het as een oor godsdienste buiten Christenskap. Dié het verander in een oor “whiteness” en ander sake wat ons beleef in Suid Afrika, wat gevolglik uitgekom het op Apartheid en die nagevolge en voordele wat vandag nog beleef word in ons land.

Iets wat my werklik geruk het, was om uit te vind dat slegs 11% van S.A. se populasie, wit is. Dit is ‘n duidelike realiteit wat nog nooit by my ingesink het nie. Ek beweeg in ‘n omgewing waar ek deel van ‘n wit meerderheid is, oral waar ek kom is witmense die meeste, of kom voor om die meeste te wees omdat dit al is wat ek raak sien. Ek swot op ‘n kampus waar wit mense by verre die minderheid is. Als feite wat ek nie regtig besef het nie, het ek met ‘n skok agtergekom.

Ek lewe in hierdie borrel wat rondom my ontstaan het op ‘n baie jong ouderdom. Een wat ek wil vergroot tot sy nate bars sodat ek van hom kan ontslae raak.

Ek wil graag en gaan meer oor my belewenisse blog in die volgende paar weke in ‘n reeks posts oor “Whiteness”.

🙂

4 Kommentaar »

  1. Ek sien uit om te lees oor hoe hierdie journey verder gaan. Ek dink dis ‘n ongelooflike belangrike gesprek wat oopgemaak word, dalk veral by TUKS, en veral onder TUKS se koshuisstudente.

    Kommentaar deur cobus — November 15, 2010 @ 2:53 nm |Reply

  2. Dankie vir hierdie journey waarop jy is … ek sien uit om nog te leer

    Kommentaar deur Tom Smith — November 15, 2010 @ 3:16 nm |Reply

  3. Sterkte. Almal gaan later dink ek het net op een woord vasgehaak en die woord is RESPEK!! Respek vir mekaar, ons is almal Godgeskape.
    O ja, weet jy wat het my na jou blog getrek???? Die HOED op gravatar!!! ek hou van daai hoed!!

    Kommentaar deur toortsie — November 15, 2010 @ 3:25 nm |Reply

    • Dankie – en ek’s self mal oor die hoed, voel baie patrioties daarin🙂

      Kommentaar deur nadinesmit — November 15, 2010 @ 9:14 nm |Reply


RSS feed for comments on this post. TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: