Net Mooi Enigiets

November 24, 2010

Selfpersepsie…

Filed under: Suid Afrika — by nadinesmit @ 6:01 nm
Tags: ,

Hierdie is die tweede post in ‘n reeks oor “Whiteness”

Ek leer dikwels die meeste van myself wanneer ek in situasies moet reageer, in gesprekke my opinie moet lig of in redenasies my standpunt moet verdedig.

Ons weet almal seker min of meer hoe ons voel oor sekere sake, maar ons ware gevoel kom uit sodra ons dit teenoor iemand anders moet verduidelik. So ook was my gevoel of persepsie rondom Apartheid.

Iewers op hoërskool het gesprekke begin opduik tussen my en my vriende aangaande dinge wat in die land aangaan. Baie van ons se opinies was dié van ons ouers, wat natuurlik hul opinie in die huis lewer. Dinge soos kwota stelsels in rugby spanne, stories van mense wat hul werk verloor het a.g.v. regstellende aksie ens.

Al kon ek toegee dat wat in die Apartheidsera gebeur het, verkeerd is, het ek tog gevoel dat die metodes wat gebruik word om dit reg te stel, nie effektief is nie. Drie jaar gelede het ek ‘n blogpost geskryf op my Engelse blog oor “Our Future in South Africa“. Dit het my ‘n goeie idee gegee van hoe ek gevoel het op ‘n 17-jarige ouderdom.

Vir ‘n baie lang tyd het ek gevoel dis onregverdig dat daar nog so ‘n groot ophef van Apartheid gemaak word. My generasie was nie daar nie en ons het nie noodwendig dieselfde haat teenoor mekaar nie, so hoekom moet al hierdie rasse kwessies in ons kele afgedruk word. Ek het gevoel dat ons almal moet werk vir dit wat ons wil bereik en dat almal ‘n gelyke kans moet kry en ook wel het. 

Dit het vir my sin gemaak om net intieme verhoudings met ander witmense te hê want daar is nogtans die kwessie van kultuur en tradisies en voorkeure. Ek het sinvolle verhoudings met mense van ander rasse gehad en dikwels baie interessante gesprekke wat juis handel oor rasse verskille. Later kon ek die rasse ding oorkom om meer intieme verhoudings ook te hê maar my vriendekring het maar bestaan (en bestaan vandag nog) uit ander witmense.

‘n Jonger generasie is gebore wat teoreties vry is van al die dinge van die Apartheidsera, ‘n generasie waarin alle rasse saam kan bou aan die toekoms van Suid Afrika.

Ek sou nie sê dat ek vandag ‘n totale ander opinie het nie, ek bly steeds ‘n trotse Suid Afrikaner met baie optimistiese idees, al verskil is, ek het ‘n bietjie meer van die realiteit begin raak sien en baie meer daarvan begin verstaan.

My persepsie het dieselfde gebly in die sin dat ek verandering aanvaar en wel wil poog om te help bou aan ‘n nuwe Suid Afrika. Ek wil steeds my eie Witheid-identiteit hê, maar met ‘n begrip van wat dit werklik vir my beteken en ook ‘n begrip van ander identiteite.

Ek ontken nie meer die voordele wat ek uit Apartheid getrek het nie, maar sien dit raak al weet ek steeds nie heeltemal hoe om daarop te reageer nie, hoe om dit ‘reg’ te maak nie. Ek voel nie skuldig oor my Witheid nie, maar wil dit ook nie langer as vanselfsprekend aanvaar nie.

Ek wil graag my plek as ‘n Wit Afrikaanse Meisie vind in die nuwe Suid Afrika, sonder dat dié plek a.g.v. my identiteit aan my behoort.

🙂

November 15, 2010

‘n Deur oopgemaak…

Filed under: Suid Afrika — by nadinesmit @ 9:34 vm
Tags: ,

Die laaste paar weke is ek en ‘n groep van my vriende besig met die baie ingewikkelde gesprek rondom “wit wees” of “witheid” (whiteness) en al die dinge wat moontlik daarmee gepaard gaan. Ons lees en kyk media en deel idees en opinies op ‘n weeklikse basis en leer op die ou einde baie by mekaar, veral in my geval.

Agtergrond:

Ek het grootgeword soos meeste ander wit, afrikaanse jongmense. Gebore in ‘n wit ouerhuis, in ‘n wit gemeenskap, tussen wit vriende met wit idees en ‘n wit perspektief oor die lewe en oor Suid-Afrika. Klink vreemd om dit so te stel, né?

My daaglikse lewe was in my wit wêreld en die swartmense wat ek gesien het, het gelewe in hul wêreld, en die twee het bitter min, indien ooit bymekaar gekom. Op skool is die twee na aan mekaar geplaas, teen mekaar, maar nie langs mekaar nie – dit impliseer tog gelykheid.

Ek het dikwels gehoor hoe goed Apartheid gewerk het en hoe daardie tyd gemis word, hoe Suid-Afrika ‘n beter plek was onder ‘n wit regering. Goed, in my tiener jare het ek begin dink dat ek nie met Apartheid saam stem nie en dat swart mense ook mense is wat deur die Here geskape is. Ek het nie noodwendig my opinie oral gelig nie, maar ek het gekies om nie deel te neem aan iets wat ek gesien het as direkte rassisme nie, maar dit was tog “ons” en “hulle”.

Nou, op universiteit bly ek in ‘n koshuis wat nagenoeg 60% wit en 40% swart is en is al op die punt waar ek gemaklik voel om die verskille tussen ons aan te spreek in gewone gesprekke waar almal gemaklik voel daarmee. Ek voel dat verskille iets is om te waardeur en te verstaan, eerder as om geïgnoreer te word (sogenaamde kleurblindheid).

So bietjie meer as twee maande gelede is ‘n gesprek oopgemaak wat eers begin het as een oor godsdienste buiten Christenskap. Dié het verander in een oor “whiteness” en ander sake wat ons beleef in Suid Afrika, wat gevolglik uitgekom het op Apartheid en die nagevolge en voordele wat vandag nog beleef word in ons land.

Iets wat my werklik geruk het, was om uit te vind dat slegs 11% van S.A. se populasie, wit is. Dit is ‘n duidelike realiteit wat nog nooit by my ingesink het nie. Ek beweeg in ‘n omgewing waar ek deel van ‘n wit meerderheid is, oral waar ek kom is witmense die meeste, of kom voor om die meeste te wees omdat dit al is wat ek raak sien. Ek swot op ‘n kampus waar wit mense by verre die minderheid is. Als feite wat ek nie regtig besef het nie, het ek met ‘n skok agtergekom.

Ek lewe in hierdie borrel wat rondom my ontstaan het op ‘n baie jong ouderdom. Een wat ek wil vergroot tot sy nate bars sodat ek van hom kan ontslae raak.

Ek wil graag en gaan meer oor my belewenisse blog in die volgende paar weke in ‘n reeks posts oor “Whiteness”.

🙂

September 30, 2008

Badseloop Skoolverwisselingskamp

Filed under: Persoonlik — by nadinesmit @ 7:06 nm

Ok, so die kamp is al amper so drie maande gelede gewees, maar ek het nou eers die kans om daaroor te blog…

As ek moet din aan woorde om dit te beskryf kom amazing tot gedagte – en life-changing, alhoewel dit so bietjie drasties is, maar ook in ‘n mate nie. Die kamp is ‘n kerk kamp vir graad sewe leerders van verskillende gemeentes wat handel oor die tipe issues wat hulle moontlik kan teekom op hoerskool. Ek was self 5 jaar terug op die kamp, myne was net op Kruisrivier, Die ene was op Badseloop – net anderkant Naboomspruit iewers.

Ek wou nog altyd weer ‘n kamp bywoon, maas as een van die leiers – maar ek het net nooit daarby uitgekom nie. Die jaar het Cobus my weer gevra/genooi om te gaan en ek het gevoel ek wil die geleentheid met albei hande aangryp. Ek’s nie vir een oomblik spyt ek het nie. I had the time of my life!!!

Die kamp het afgeskop met ‘n personeelnaweek. Almal het mekaar ontmoet en ou pelle het gegroet. Die busrit soontoe was al klaar lekker. Ek moet noem, ek was regtig nervous daaroor, want maak nie saak hoe loud of outgoing ek kan wees nie, ek het werklik amper niemand geken nie, net Cobus om presies te wees. Wel, ek kan gelukkig se die nervousness het verdwyn die oomblik toe ke op die bus klim. Daar was meer mense wat in dieselfde bootjie as ek was, maar nie net dit nie, dit was die niceste mense ever.

Ek het al ‘n baie groepe mense moes funksioneer, waar die verskeidenheid persoonlikhede regtig probleme veroorsaak het onder party en daar was altyd die mense wat net met sekeres oor die weg gekom het. Maar ek het die teendeel op hierdie kamp beleef, en al was dit my eerste, is ek seker dit was besonders. Die eerste ding was ek altyd vertel is hoe verbaas ek was om so ‘n groot verskeidenheid mense so goed te sien click. Ek meen wow!!! Dit was amazing dat ons almal net oor die weg gekom het. Ek dink dit het iets met die setting te doen ook though. Mense was op kampe gaan is gewoonlik outgoing mense wat goed doen tussen vreemdes, ons was immers daar om met graad sewes te werk en dan is daar die feit dat dit ‘n kamp was. Jy gaan na ‘n kamp met baie vooruitsigte, en een van die is verseker om nuwe mense te ontmoet en om nuwe vriende te maak.

Dit was die regte mindset! Eerste rede waarom ek dit geniet het. Hehe, kyk ons het van dag een af al nat geword en aktiwiteite gedoen wat ons almal laat bond het. En die lang discussions was ook pret en almal kon hul opinie lewer , hehe, en natuurlik het ek ook, soos gewoonlik. Die heel eerste aand het ek eers 2uur die oggend gaan slaap, want ja, ek en Cobus het gesit ek kuier. Ons het so lanklaas, so dit was ‘n lekker lang opvang sessie. Daarna het ds. Nelius en Cobus ‘n gesprek gehad oor sy “boek”. Ek gaan nie eers probeer om te tik waaroor dit gaan nie, een, omdat ek nie heeltemal seker is nie, en die kanse dat ek dit na die een gesprek reg verstaan, is baie skraal. Dit was net lekker om te kan luister, en ek het gevolg, al het ek nie als verstaan nie. Dit het ook ‘n lekker gesprek tussen my en Cobus geinspireer – waaroor hy op teoatup geblog het.

Die volgende oggend was nogsteeds deel van die naweek en het ons nog ‘n paar aktiwiteite gedoen. Die spanne is daardie aand aangekondig en die volgende dag het die graad sewes gekom. Ek het ‘n baie lekker span gehad, die gees was hoog en ons het baie lekker saam gewerk. 

Die ding wat ek die meeste van die kamp geniet het, is die ondervindinge en my invloed oor ander mense se lewens, maar die belangrikste, die invloed wat die mense op my lewe gehad het. Ek kon iiets uitleef op daardie kamp, en dit was die voorreg om die klein lessies wat ek al in my lewe geleer het, met die jonger tieners te kan deel. Baie van die dinge wat ek vandag weet, sou nice gewees het om vroeer te hoor, al sou ek tien teen een nie geluister het nie, alhoewel daar nog altyd ‘n paar dinge is wat gestick het en my kon lei deur die hoerskool.

Daardie graad sewes het werklik geluister na wat ek en die ander gese het, en hulle het opgekyk na ons. Dit was ‘n huge verantwoordelikheid en ‘n voorreg. Hulle het goed met ons gedeel wat hulle pla en hulle het oopgemaak teenoor ons, elk met hul eie probleme en issues. Ek hoop ons kon hulle iets leer. ek het ook baie oor myself geleer en weer van nuuts af besef van waar al my krag kom. Die besige jaar het my regtig uitgeput en die wegbreek het m baie goed gedoen.

Ek het ook besef ek het ‘n passie om met mense te werk. Nie in die maatskaplike werker manier nie, in die luisteraar en soms raadgewer manier. Ek is baie lief daarvoor om mense gelukkig te sien en om te sien hoe mense hul drome uitleef.

En die postkampdepressie (PKD). Ek het ‘n paar mense daaroor hoor praat en maak nie saak hoe baie ek dit geniet het, of met almal gebond het nie, kan ek darm se dis iets wat ek nie beleef het nie. Ek sien uit daarna om die mense weer te sien, maar ek besef dit was ‘n kamp. Dalk het dit baie gehelp dat ek dadelik terug was by die skool na die kamp en nie regtig tyd gehad het om daaroor te wonder nie. Ek was terug in roetine. 

Anyway, ek het regtig net begin tik met ierdie post en dit baie geniet. Dankie vir die greatste ervaring ooit. Wil beslis weer gaan volgende jaar.

Piet Retief Kuiertjie

Filed under: Persoonlik — by nadinesmit @ 5:28 nm

Ha-tissue-llo

Hehe, dis definitief tyd vir ‘n visit, ek was veels te lank laas hier. Die stof vergader al! Dink dis tyd dat ek weer bietjie skryf en my gedagtes hier uitkry!

Ek was die naweek in Piet Retief en dit het nogals baie ou gevoelens en herrineringe wakker gemaak. Hoe het my ouma nog gese, “jou wortels le hier”, en ek stem saam met haar. Ek sal nie vir een oomblik se dat ek ongelukkig is nie, en as ek tyd kon terugdraai en die kans kon he om dinge te verander, sou ek weer Ermelo toe wou trek. Ek weet my ‘destiny’ het hier gele vir die laaste 5 jaar – nes ek glo die volgende 5 jaar by Tukkies le. Anyway, dit was my vriendinne se matriekafskeid en ek het ‘n lift gehad, so na Vrydag se ridiculous LO vraestel het ek gepak en die pad gevat, vir die naweek.

Dit was amazing om weer daar te wees. Besides my maatjies was uiters gorgeous gelyk het, en die effense sadness wat oor die afskeid gehang het, was dit lekker om hulle almal weer te sien. Ek het ook weer lekker tyd saam met my ouma spandeer. Saterdag was natuurlik die groot dag. 9uur daardie oggend was ek al reeds in Mama Mia vir my eerste kuier van die dag. Bernard – wat soos my jonger broer is – het my kom kry en daar het ons in een van my ou onnies vasgeloop. Het eers met Mnr. Botha gestaan en chat, en later gesit toe die chat naderhand gestrek het na 2ure. Hehe, kon bietjie skinder oor die ou daeen koor en wat my planne is vir volgende jaar. Ek het lanklaas so hard en lekker gelag en dit was great om bietjie te hoor wat maak die mense daar in my ou tuistedorpie.

Ek en Bernard het ook goed opgevang gekry en ek’s bietjie geintroduse aan hom en sy broer se favorite pc game. Haha. Ek dink die eerste 5ure van my dag, was die intelegente gespekke, want kyk, dis wat ons gehad het. Snaaks genoeg, sedert die skoolverwisselingskamp, duik die topic ‘persoonlikhede’ oral in my gesprekke op. Dit is vir my ‘n baie interesante topic.

Die tweede 5ure van my dag het ek saam met Maretha, Annemarie en Christelle spandeer in Spur. Wow, die ou memories wat daar uitgekom het was hilarious en ons het al die pad geskaterlag oor al ons ou mannewales. Ek het dit geklassifiseer as die ‘meisies’ deel van die dag. Jap, die topics was, matriekafskeidrokke, ouens, liefdeslewens, ons toekomsplanne en net algemene deel van snaakse experiences en ander goed wat goeie vriendinne altyd met mekaar deel.

Ek het voor die naweek nie regtig besef hoe diep my wortels daar werklik le nie. Dit bly tog die plek waar ek groot geword het. Die jaar was hectic, en ek het maar min tyd gehad vir kuier en in touch bly met my vriendinne. Die kort tydjie het my daardie geleentheid gegee. Jy moet nooit die krag van ‘n goeie opvang sessie onderskat nie. Ware vriende is die wat – ja, almal se dit – altyd daar is. Jy moenie jou vriende af te skeep nie, maar oor 5 jaar kan langafstand vriendskappe onderhou word – al is dit net met ‘n vinnige chat elke twee weke op een keer ‘n maand.

Vriende gaan jou nie afskryf net omdat jul mekaar min sien nie, en die feit dat dit so lank kan hou en nog sterk kan wees na soveel tyd, se iets van die vriendskap. mense kom en gaan in jou lewe en party is gemaak on te bly. Dankie vir jul vriendskap – aan al die mense wat in my lewe is huidiglik, julle is die wat ek altyd daar wil he.

Mwah

Augustus 12, 2007

Uitdunning van Diere – Natuurbewaring…?

Filed under: Random — by nadinesmit @ 12:16 nm

Natuurbewaring is ‘n baie belangrike kwessie reg oor die wêreld. Mense spandeer baie geld aan die bewaring van diere, plante, natuurlike hulpbronne en ons aarde, maar ook daaraan om mense daarvan bewus te maak. Bewaring is ‘n ernstige saak en moet met groot voorsorg benader word.

In die verlede het die mens nie besef watter skade hul aanrig nie. Die jag van diere as voedsel en die doodmaak van diere wat as ‘n bedreiging gesien is, het hand uitgeruk en tot die gevolgtrekking gelei dat menigte diere vandag uitgesterf of bedreig is. Wildstelery en stropery deur gewetenlose jagters het net so ‘n ernstige effek tot gevolg gehad.

Vandag bestaan daar Wette teen en vir verskeie handelinge wat plante en diere raak. Bedreigde plant- en dierspesies word deur die wetgewing beskerm. Geen inheemse wilde diere, insluitende voëls, mag sonder ‘n permit in gevangenisskap of as troeteldiere aangehou word nie. Jy het ‘n jaglisensie nodig om wilde diere te jag en ‘n visvanglisensie om vis te vang. Stropers wat lewendige organismes doodmaak of steel, word gevonnis. Die straf vir die stroop van renosters vir hul horings of olifante vir hul tande kan tot soveel as R100 000 wees of vyf jaar tronkstraf.

Ekosisteme is in wese sikliese, gebalanseerde en selfonderhoudende stelsels. Indien ‘n bepaalde kommoditeit verwyder word, verkeer die stelsel nie meer in ewewig nie, maar stuur dit op biologiese gevaar af. Dit maak nie saak watter deel van die ekosisteem vernietig word nie, of dit ‘n skakel in die voedselketting is of ‘n stof wat deel uitmaak van ‘n natuurlike siklus, die uitwerking van dié verlies kan ewe ernstig wees. Ons moet ons diverse verskeidenheid plante- en dierelewe beskerm. Die enigste manier om ‘n stabiele en volhoubare omgewing te verkry is deur ‘n effektiewe program vir die bestuur en bewaring van die omgewing te implementeer. Die doelwit word deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit, Wet 10 van 2004 (WNOB) onder skraag.

Die doelstellings van dié wet is:
• om voorsiening te maak vir die bestuur en bewaring van Suid-Afrika se biodiversiteit binne die raamwerk van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur 1998 (Wet 107 van 1998)
• die beskerming van spesies en ekosisteme wat nasionale beskerming regverdig
• die volhoubare benutting van inheemse biologiese hulpbronne
• die regverdige en billike verdeling onder belanghebbers van voordele wat vanweë bio-prospektering met inheemse biologiese bronne gerealiseer word
• om voorsiening te maak vir koöperatiewe bestuur, beheer en bewaring van biodiversiteit
• om voorsiening te maak vir ‘n Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteit Instituut wat bystand moet verleen om die doelstellings van die wet te verwesenlik.

Soms groei ‘n bevolking met ‘n hoë reproduktiewe potensiaal so dramaties gedurende die eksponensiële groei-fase dat dit die dravermoë van die ekosisteem oorskry. Die omgewing kan die bevolking nie langer onderhou nie en omgewingsweerstand tree in. Die resultaat hiervan is dat die toename in die bevolking vinnig tot ‘n einde kom, en dat die kenmerkende “ineenstorting” plaasvind. Die verskynsel staan bekend as die “oplewing-ineenstorting”-sindroom (boom-and-bust). Die bevolking toon weer ‘n oplewing, maar volg weer dieselfde patroon, hierdie keer teen ‘n verlaagde dravermoë.

In die natuur is daar ‘n baie delikate balans tussen elke aspek daarvan. Die omgewing, habitat en al die organismes wat daarin voortbestaan werk ten nouste saam. In ‘n voedselketting is diere afhanklik van mekaar vir voedsel. Plante maak die basis van enige voedselketting uit, dus is hulle bekend as die produsente, daarna staan alle herbivore en diere wat van plante af lewe bekend as primêre verbruikers. So gaan die ketting aan met sekondêre en tersiêre verbruikers. Sou een bevolking in die voedselketting vermeerder sou die verbruikers wat van hulle afhanklik is, bevoordeel word tot op ‘n punt en ook vermeerder want hul voedselbron is groter. Die vermeerdering van daardie bevolking het ongelukkig nie ‘n positiewe effek op die bevolking wat as hul voedsel dien nie. Die bevolking is skielik groter en verbruik dus meer voedsel en hulpbronne. Soveel so dat die balans versteur word want daardie voedselgroep is nie groot genoeg om te kan voorsien aan die skielike vermeerdering nie.

Dit kan vergelyk word met vraag en aanbod. Die bevolking vermeerder en dus is die vraag groter, maar die voedselgroep is nie in staan om die aanbod te vermeerder nie, en kan dus uitgeput word. Sodra ‘n voedselgroep opgebruik of uitgeput word, word die ander verbruikers wat ook van die voedselgroep afhanklik was, benadeel want hul is ‘n bron van voedsel kwyt. Die bevolking wat aan die begin die probleem veroorsaak het, word ook benadeel want hulle is ook ‘n voedselbron kwyt. Dit kan weer in uiterste gevalle die uitsterwing of bedreiging van ‘n spesie tot gevolg hê. Op die ou einde het die vermeerdering van een bevolking ‘n effek gehad wat soos ‘n golf weer ‘n effek gehad het op al die organismes in dieselfde omgewing of habitat.

Om so ‘n situasie te voorkom moet omgewingsbestuur toegepas word. Die getalle van bevolking moet in toom gehou word om te verseker dat ‘n drastiese vermeerdering nie plaasvind nie. Daar is baie verskeie metodes om so ‘n probleem te voorkom. As daar ‘n vermeerdering plaasvind kan van die diere verwyder word en na ‘n omgewing verskuif word waar daar dalk ‘n tekort of baie lae syfer is van die betrokke dier. ‘n Ander opsie is uitdunning. Mense kan getalle in toom hou deur te verseker daar bestaan ‘n balans tussen die geboortesyfer en sterftesyfer van ‘n bevolking. As ‘n bevolking se geboortesyfer verhoog terwyl die sterftesyfer nie toeneem of in balans bly nie, kan uitdunning toegepas word. Uitdunning is, om dit baie kras te stel, die doodmaak van ‘n groep diere om getalle te verminder. Dit kan nie vergelyk word met stropery en word nie alleenlik as die enigste opsie gesien nie. Uitdunning word meeste van die tyd toegepas wanneer alle ander opsies oorweeg is en die bestes onsuksesvol toegepas is.

“Mnr. Marthinus van Schalkwyk, minister van omgewingsake en toerisme, behoort geprys te word omdat hy bewaringsbestuur as ‘n wetenskaplike aktiwiteit beskou. Só het prof. Rudi van Aarde, hoogleraar in dierkunde aan die universiteit van Pretoria, gesê in reaksie op die nuwe voorgestelde norme en standaarde vir olifantbestuur in Suid-Afrika, wat Van Schalkwyk gister bekendgestel het. Van Aarde, wat ook ‘n leerstoel in bewaringsekologie aan die universiteit beklee, het gesê olifante moet binne ‘n breë konteks bestuur word omdat hulle tussen drade is. Dit gaan nog veel verder, omdat watergate, deurgange en hul beweging in die toekoms ook bestuur gaan word. Dit is dus ‘n “holistiese bestuursplan”, waarin die uitdunning van olifante net een van die opsies is”, skryf Elise Tempelhoff in ‘n berig op 28 Februarie 2007.

Van Aarde het gesê: “Met hierdie plan sal die foute van die verlede ook reggestel word. Die dae van net olifante uitroei is verby, maar in die uiterste gevalle sal dit móét kom.” Elsie skryf verder: “Dr. Rob Little, waarnemende hoofbeampte van die bewaringsgroep WWF, het gesê dié organisasie besef dat plaaslike gebiede waar olifante voorkom oorbevolk is, en dat dit vir die meeste Suider-Afrikaanse state ‘n besondere uitdaging gaan wees om die getalle te bestuur. Van Schalkwyk het voorgestel uitdunning is met die bestuur van water, geslote gebiede, die skep van deurgange, hervestiging en die toediening van voorbehoedmiddels net een van die opsies in die nuwe bestuurplan.” Little het gesê: “Die WWF is nie voorstaanders van uitdunning as die enigste bestuursmoontlikheid nie. Ons meen olifante moet alleen as ‘n laaste uitweg uitgedun word nadat alle ander moontlikhede uitgeskakel is.”

Hierdie berig is slegs ‘n voorbeeld van waar uitdunning een van talle opsies is om getalle van diere te beheer. Olifante, nes enige ander bevolkingsgroep, se getalle kan hand uitruk, en daarom word uitdunning as ‘n opsie voorgestel. Die mens hanteer duidelik die besluit om uitdunning toe te pas as ‘n baie ernstige saak en baie navorsing word eers vooraf gedoen om te bepaal watter opsies die beste sal werk en watter nie suksesvolle resultate sal kan oplewer nie. Om die bevolkings van bepaalde spesies te bestuur is geen maklike taak nie. Aan die een kant wil ons oorbenutting verhoed, waar teveel individue verwyder word. Maar ons wil ook onderbenutting verhoed, waar heelwat minder individue verwyder word as wat die dravermoë regverdig. Dit is selfs hier baie moeilik om te besluit waar die ideale tussenvlak van ontginning tussen hierdie twee uiterste situasies lê.

Ongelukkig sukkel die wêreld vandag met oorbevolking. Die aarde kan net soveel lewe huisves en daarmee word nie geïnsinueer dat die mens diere se getalle moet verminder sodat daar meer ‘spasie’ vir ons bedrywighede is nie. Daar word slegs bedoel dat natuurlike hulpbronne so bestuur moet word ten einde alle partye te bevoordeel. Ons moet omsien na die Aarde. Die uitdunning van diere is natuurbewaring, maar dit is nie die enigste uitweg nie. Ander opsies moet ook in konsiderasie geneem word. Uitdunning moet ook verkieslik as ‘n laaste uitweg gekies en toegepas word, omdat dit nie altyd die beste of mees aangenaamste of effektiefste opsie is nie. Om diere dood te maak is ver van die ideaal af, maar partykeer is dit die enigste uitweg, mits dit op die beste moontlike manier gedoen word.

Blog at WordPress.com.